Scuderia Ferrari

Nuwe logo van Scuderia Ferrari

Scuderia Ferrari is die naam vir die Gestione Sportiva, die afdeling van die Ferrari motormaatskappy wat by motorsport betrokke is. Die renspan het in verskeie klasse van motorsport deelgeneem sedert sy stigting in 1929. Die span neem tans slegs in Formule Een onder die naam "Scuderia Ferrari" deel. Die Scuderia en Ferrari Corse Clienti hanteer ook die wedrenaktiwiteite van talle Ferrarikliënte en privaatspanne in ander kategorieë van motorsport.

Scuderia Ferrari is statisties die mees suksesvolle F1-span in die geskiedenis, met 'n rekord van 15 bestuurderskampioenskappe en 16 vervaardigerskampioenskappe gewen. Deur sedert 1948 deel te neem is dit ook die oudste oorlewende span. Ferrari is ook een van die mees gewilde spanne in motorsport met 'n groot aantal ondersteuners, bekend as tifosi.

Ferrari was vele kere die Formule Een vervaardigerskampioen. Die span se huidige bestuurders is Carlos Sainz jr. en Charles Leclerc, en hul toetsbestuurders is Antonio Giovinazzi en Callum Ilott. Michael Schumacher was voorheen ook 'n tegniese adviseur vir die span en was aangewese as 'n tydelike bestuurder terwyl Felipe Massa herstel het van 'n besering, maar Schumacher het later geweier om te bestuur as gevolg van bekommernis met betrekking tot 'n nekbesering wat hy tydens 'n motorfietsongeluk opgedoen het. Ferrari het 'n plek aan Giancarlo Fisichella gegee na sy goeie vertoning in die 2009 Belgiese Grand Prix. Hy sou die laaste vyf renne van die seisoen vir Ferrari jaag.

Alfa Romeo 8C 2900 Scuderia Ferrari

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search